Laai Dit Af – STAT! – deur Val

ARF banner

In April 2013 het  ‘n paar verteenwoordigers van die minderheid etniese groepe en alternatiewe identiteite in Suid-Afrika, verstom deur die totale gebrek aan respek vir menseregte en die waardigheid van die mense van non-Christian/non-Abrahamic godsdienste in die media, pers en in semistaats-liggame in terme van professionele etiek, gelyke behandeling onder die wet en in die joernalistiek, die Alternatiewe Godsdienste Forum gevorm. Vroeër hierdie week, het die ARF sy langverwagte dokument: “Satanisme: Die Acid Test”, of STAT – ‘n 469 bladsy boek vrygestel. Heelwat materiaal was bygedra deur Pagans, Sataniste, ‘n paar Christene – en ja, ook Vampyres.

Hierdie forum was die inisiatief van die SA Vampyre Alliance en word gesamentlik gemodereer deur die SAVA en ‘n Pagan groep, die SA Pagan Rights Alliance (SAPRA). Talle individue het deelgeneem aan die ARF, insluitend verteenwoordigers van verskeie godsdienste en subkulture wat dikwels verkeerdelik as “Satanisme” vervolg word.

Die doel van die ARF is om ander oor die waarhede en leuens endemies binne valse, bevooroordeelde en sensasionele verslaggewing en besluitneming wat ‘n negatiewe invloed het op die lewens van talle mense wat verband hou met enige minderheids-godsdiens of identiteits-groep wat deur geïnstitusionaliseerde godsdienstige vooroordeeling en doelbewuste disinformasie en onkunde oor die deel van die meerderheid godsdienste in Suid-Afrika geteiken word.

Slide24

In die STAT dokument word talle parallelle getrek tussen vroeër en selfs huidige aanvalle van “Sataniese Panic” histerie rondom die wêreld en wat tans gebeur in Suid-Afrika, waar mense daarvan beskuldig word en dit summier aanvaar word dat hul skuldig is, bloot op gronde van hul godsdienstige of sub-kulturele belangstellinge, hetsy werklike of vermeende – wat beskou word as krimineel, en die stelling dat hierdie assumption gebou is op jare en jare van bygelowe, verkeerde inligting, misverstand, onwaarhede en blatante leuens.

Ten slotte, na 4 maande van die werk, is die dokument uiteindelik beskikbaar. Dit verskaf verduidelikings van Sataniese Rituele Misbruik (SRM) histerie, Satanisme as diverse godsdienste onder ‘n gemsaamentlike naam, ander godsdienste en subkulture wat verkeerdelik met Satanisme en die Satanisme stereotipe verwand word, en uiteindelik, foute in die stereotiep self.

Die jongste weergawe van die projek dokument is vrylik beskikbaar vir aflaai by die skakel hieronder.

http://alternatereligionsforum.wordpress.com/the-alternate-religions-subcultures-demystification-project/stat-downloads/

Daar word gehoop dat hierdie dokument ‘n verandering sal bring in die bewustheid van hoe verskans geïnstitusionaliseerde vooroordele geskep word, en dat die verandering al lank benodig is – ‘n positiewe verandering wat stigmatisering, stereotipering, vervolging en die polisiëring van die gedagtes, oortuigings van diegene wat afwyk van die einde die hoofstroom op die beginsel van paranoia en vrees gebaseer op onkunde tot ‘n einde sal maak.

Advertisements

About Octarine Valur

Octarine Valur - Founder: House Valur, South African Vampyre Community, South African Vampi(y)re Alliance (SAVA), SA Vampyre news (SAVN). Beskou all artikels deur Octarine Valur

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: