Redakteurs Nota

391708_104571433085909_1284548801_nDalk is die beste manier om hierdie nota te benader om myself eers aan julle voor te stel. Vir die wat my nog nie ken nie, ek is Lucine Wintyr, plattelandse meisie uit ‘n eg Afrikaanse boere gemeenskap. Ek is nou nog nie vreeslik lank ‘n deel van die VC (vampyre gemeenskap) nie, maar is al gemaklik met my eie indentiteit in die gemeenskap. Dit is vir my ‘n eer om ‘n deel te he aan die uitbreiding van die webtuiste om die Afrikaans sprekende lede van die vampyre gemeenskap asook die Afrikaans sprekende publiek in te sluit.

Die VC het baie vrae beantwoord en baie onsekerheid in my hart laat verdamp met hul ope arms. Na my ontwaking was daar nie veel wat ek geweet het van die lewe van ‘n vampyre nie. Ja ek het my mentor gehad maar daar was soveel waaroor selfs hy onseker was. Dit was met pure geluk dat ek ‘perongeluk’ op die South African Vamyre Alliance webtuiste af gekom het.  Van daar af het dinge net beter gegaan en kan ek met eerlikheid en ‘n warm hart sê dat ek ‘n familie ryker geword het. Nie net in ons wonderlike land nie, maar vanuit soveel ander lande regoor die wêreld.

Die ontwikkeling van ‘n Afrikaanse webtuiste maak soveel deure oop vir die gemeenskap. My hoop vir die toekoms van hierdie webtuiste is om nog meer mense te bereik en mites en legendes uit die verwysings raamwerk vir vampyres weg te neem. Die Afrikaanse gemeenskap kan ook nou in hul eie taal die waarheid hoor, of te wel lees. Aangesien Afrikaans nogsteeds ‘n taal is wat deur so baie in ons land gepraat word dink ek dit is net regverdig dat die Afrikaanse lede van ons land en gemeenskap ook verteenwoordig word.

Ek hoop dat hierdie webtuiste vir julle so aangenaam gaan wees om te lees soos wat dit vir ons is om te skryf.

Groete

Lucine


One response to “Redakteurs Nota

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: